AFRIKAANS MADE SIMPLE · HENK FAWELL · CAPS · IEB

Jou volledige Afrikaans EAT-hulpbron, in sekondes

45 modules vir Graad 4–12 — vraestelafdelings, voorgeskrewe romans, films en gedigte, nasien van handgeskrewe opstelle, en nou ook 'n volledige IEB Vraestel 1 met een klik.

Afrikaans Made Simple
30s
Per Afdeling
45
Modules
100%
Afrikaans
Word
Uitvoer
Gr4-12
CAPS & IEB
'n Gestresde onderwyser by 'n lessenaar vol vraestelle
⭐ Nuut · IEB Vraestel 1

Volledige Vraestel 1 — met een klik

IEB Graad 10, 11 & 12 · 1 gratis vraestel elke maand!

  • Al tien vrae, Afdeling A–D (100 punte), presies in die IEB se formaat
  • Leesbegrip, visuele teks, spotprent, opsomming, gedigte, taal en kommunikasie
  • Voorblad, al die prente op die regte plek, elke afdeling op 'n nuwe bladsy
  • Volledige memorandum met die IEB se vraaganalise (Vlak 1–3)
  • Nie tevrede met een vraag nie? Herskep net daardie vraag
  • Graad 10 en 11 effens makliker · Graad 10 met jou eie gedigte
  • Professionele Word-dokument in Arial 11,5 — reg om te druk
  • Klaar in ongeveer 2–3 minute
Reeds 'n intekenaar? Skep dit nou →
Een gratis volledige vraestel per onderwyser elke maand, ingesluit by jou intekening · ekstra vraestelle teen die bekendstellingsprys van R49 per vraestel + memo · gekoopte krediete verval nooit

Een Instrument vir Elke Afdeling

Vraestelafdelings, eie tekste, voorgeskrewe romans, dramas en films, poësie-studienotas, handgeskrewe opstel- en transaksionele nasien, en oefeninge — alles in een plek.

Afrikaans Made Simple — al die modules saamgestel in een robot

Van 'n gestresde onderwyser omring deur vraestelle, tot 'n onderwyser met meer tyd vir haar gesin. Elke module skep nuwe, oorspronklike inhoud op die regte vlak vir jou graad — met 'n volledige memorandum en 'n Word-dokument wat jy net kan druk.

Vraestelafdelings
📖
Begripstoets
Aparte IEB- en CAPS-modules. Laai enige begripsteks op en kies opsioneel 'n tema — die program skep 'n nuwe teks op dieselfde vlak met gebalanseerde vrae. Die memorandum sluit 'n Bloom-ontleding in; die CAPS-weergawe ook 'n Barrett-taksonomie-ontleding.
CAPS & IEB
🖼️
Visuele Teks
Genereer 'n nuwe infografiek, advertensie of spotprent met IEB- of CAPS-vrae. Vrae dek outomaties al 6 vlakke van Bloom se Taksonomie — met 'n Bloom-opsomming in die memorandum.
CAPS & IEB
📝
Opsomming
Gebou vir IEB. Die program behou die instruksies en woordlimiet presies, skep 'n nuwe teks, en die memorandum tel outomaties die woorde.
IEB
🎭
Poësie
Werk vir IEB en CAPS. Die oorspronklike gedig bly onveranderd — die program skep nuwe vrae op dieselfde vlak met dieselfde punteverdeling as jou voorbeeld.
CAPS & IEB
🔡
Taal (CAPS)
Volledig gebou volgens die Taal-afdeling in CAPS-vraestelle. Kies opsioneel 'n tema — die program pas die konteksteks aan terwyl die vraagtipes en punteverdeling presies dieselfde bly.
CAPS
📐
Sinstrukture
Gebou vir IEB. Nuwe situasie, maar die sinomskeppingstipes, volgorde en punteverdeling bly presies dieselfde as jou voorbeeld.
IEB
🔤
Woordstrukture
Gebou vir IEB. Nuwe paragraaf met ingeboude taalvrae — dieselfde woordkundige tipes en nommering as jou voorbeeld. Sluit 'n prentvoorstel in vir elke stel vrae.
IEB
💬
Kommunikasie
Spesifiek gebou vir die IEB-formaat: meerkeuse, invulvrae en 15–20 woord response. Elke opsie is geloofwaardig en die emosiewoord verskyn nooit in die antwoorde nie.
IEB
Eie Tekste
✏️
Eie Begripsteks
Plak of laai jou eie begripsteks op — die program skep vrae en 'n memorandum volgens CAPS of IEB-norme vir die graad wat jy kies. Geen voorbeeldvraestel nodig nie.
CAPS & IEB
✍️
Eie Gedig
Plak enige gedig in — die program skep vrae op die korrekte vlak met 'n volledige memorandum wat Bloom-taksonomievlakke aandui. Werk vir enige gedig, nie net voorgeskrewe gedigte nie.
CAPS & IEB
Leesmateriaal
📖
Leesboekie / Kortverhaal Generator
Skep 'n graadgepaste, drukklare Afrikaans FAL-leser in sekondes — volledig met Bloom-taksonomievrae en memorandum. Kies graad (4–11), storielyn, genre, ruimte, protagonis en temas. Die program skryf 'n boeiende, literêr-verantwoorde verhaal wat leerders wil lees — met Engelse vertalings in hakies vir moeiliker woorde, 'n woordelys per hoofstuk, en outomatiese vragenerering per hoofstuk. Geen publisher nodig nie.
CAPS & IEB Graad 4–11 ✨ Nuut
Voorgeskrewe Romans & Verhale
📚
Tuimeltrein
René van Zyl. Genereer begripstoetse, karakteranalise, dialoogvrae, woordelys, temas, tydlyne en meer — gebaseer op die volledige roman. Sluit 'n IEB volledige vraestel (70 punte) in.
IEB Gr 12
🕸️
Donker Web
Fanie Viljoen. Skep assesserings oor Greg, Xander, Valkyrie en die volledige plot — met karakterprofiele, simboliek, woordelys en temas. Sluit 'n IEB volledige vraestel (70 punte) in.
IEB Gr 12
🕶️
Onderwêreld
Fanie Viljoen. Die voorloper op Donker Web — genereer assesserings oor die vroeë verhaal, karakters en agtergrond wat tot die gebeure in Donker Web lei.
IEB Gr 12 ✨ Nuut
👟
Lien se Lankstaanskoene
Derick van der Walt. Genereer vrae oor Lien, haar ma se alkoholisme, karakterontwikkeling, vergifnis en temas — volledig gebaseer op al 41 hoofstukke van die roman.
CAPS Gr 12
🌲
Fiela se Kind
Dalene Matthee. Skep assesserings oor Benjamin/Lukas se identiteitsworsteling, Fiela, koloniale onreg, die Bos teenoor die Lange Kloof — met karakteranalise, simboliek en temas. Sluit ook die drama-weergawe in (Vraag 7: Twee Uittreksels).
CAPS Gr 12
💌
Jou Romeo
Fanie Viljoen. Genereer inhoud en 'n volledige IEB-vraestel (Vraag 1–4) oor die roman — karakters, temas, woordelys en meer.
IEB Gr 10 ✨ Nuut
👼
Die Kruppel Engel
Zenobia Kock. Skep studie-inhoud en 'n Afdeling A-romanvraag (35 punte) presies soos 'n werklike CAPS-vraestel.
CAPS Gr 11 ✨ Nuut
🐟
Vis en Tjips
Jaco Jacobs. Genereer inhoud, toetse en memoranda oor die leesboek — met 'n Bloom-ontleding by elke toets.
CAPS Gr 6 ✨ Nuut
🎭
Drama
Begin met Jammer, Ma ... (Jaco Jacobs) — studie-inhoud (karakters, storielyn, temas, dramategnieke) en IEB-vraestelle met werklike uittreksels uit die teks.
IEB · Alle Grade ✨ Nuut
📝
IEB Kortverhale
Assesserings, karakteranalises en woordelyste vir Die Beursie, Stroopsoetkinders (Edms.) Bpk., Die Rookkompetisie en Jakkals en Wolf Steel Botter.
IEB Gr 8–12
📗
CAPS Kortverhale
'n Groeiende biblioteek CAPS-voorgeskrewe kortverhale, storie vir storie bygevoeg — met 'n Afdeling C-vraestel oor twee verhale op die regte vlak vir jou graad.
CAPS · Alle Grade ✨ Nuut
🎞️
Filmstudie: Ballade vir 'n Enkeling
Leon van Nierop se film (regie Quentin Krog) — IEB Derdegenretaak vir Graad 11 en 12. Laai werklike skermgrepe uit die film op en die sagteware bou dit direk in die opstelvrae, toetsvrae of studienotas wat dit genereer, volledig volgens die amptelike SAGS-riglyne — met 'n Bloom-taksonomie-ontleding by elke toets.
IEB Derdegenre Gr 11–12
🎬
Filmstudie: Jou Romeo
Die Afrikaanse tienerkomedie oor 'n skool se opvoering van Romeo and Juliet — studienotas, toetse en opstelvrae met 'n Bloom-ontleding.
IEB Gr 8 ✨ Nuut
❤️
Pad na jou Hart
Die rolprentdrama deur Ivan Botha en Donnalee Roberts — genereer assesserings vir die filmstudie.
Filmstudie EAT ✨ Nuut
Studienotas & Poësie
🌠
Gedig Studienotas
Plak enige Afrikaanse gedig in — die sagteware skep volledige tweetalige studienotas: agtergrond, voor-lees-vrae, vertaling, woordeskat, ontleding, eksamenvrae en memorandum.
CAPS & IEB
📜
IEB Gedigte
Kies uit die voorgeskrewe IEB-gedigte en genereer volledige studienotas, vraestelvrae en tegnieke-analise — Graad 12, plus 'n aparte module vir die ander grade.
IEB Gr 7–12
🌿
CAPS Gedigte
Graad 11: kies twee gedigte en kry Vraag 9 presies soos 'n werklike DBE-vraestel. Graad 12 en ander grade: volledige studienotas, CAPS-styl vrae en tegnieke-analise.
CAPS ✨ Nuut
🎬
Filmstudie Gids
Bou 'n professionele filmanalise-studiegids vir enige film — kies self watter tegnieke en afdelings ingesluit moet word. Leer vaardighede wat op enige Derdegenre-film toegepas kan word.
Gr 10–12
Nasien & Skryfwerk
✍️
Merk My Opstel
Laai tot 5 foto's van 'n handgeskrewe opstel op. Die AI transkribeer die handskrif, merk elke fout kleurkode (spelling, grammatika, leestekens, styl, sinstruktuur) en evalueer teen die IEB D8 SBA-rubriek (30 punte). Laai dan 'n volledige, kleurkode Word-dokument af — gereed om aan die leerder terug te gee.
IEB D8 Rubriek 30 Punte 50 Nasienkrediete/Maand
📰
IEB Transaksionele Skryfwerk
Laai 'n foto van die leerder se handgeskrewe koerantberig of e-pos op (Vraag 5/6). Die AI merk elke fout met die amptelike IEB-simbole en assesseer dit teen die D7-rubriek — volledig gemerk in sekondes, gereed om terug te gee.
IEB D7 Rubriek Vraag 5/6 BETA
🖋️
CAPS Vraestel 3 — Skryfvaardighede
'n Volledige Graad 12 Vraestel 3 presies soos 'n werklike CAPS-eksamenvraestel: Afdeling A Opstel (50), Afdeling B Lang Transaksionele Teks (30) en Afdeling C Kort Transaksionele Teks (20). Kies 'n tema en al die onderwerpe pas outomaties daarby aan — laai opsioneel jou eie prente vir die prentopstel op.
CAPS Gr 12 100 Punte ✨ Nuut
✨
Skryf My Gedig
Die sagteware dig 'n oorspronklike Afrikaanse gedig in IEB-styl — met uitgebreide metafoor, wending en volledige assesseringsvrae by.
IEB & CAPS
📊
Rapportkommentaar
Genereer unieke, persoonlike Afrikaans FAL-verslagkommentaar vir elke leerder — vul hul besonderhede in en kommentare stapel aan sodat jy alles op die einde kan kopieer.
Gr 4–12
🔧
Fix My Mess
Laai 'n ou, sleg-geformateerde vraestel op — die program herstel die formatering presies, behou alle inhoud woordeliks, en lewer 'n professionele Word-dokument af.
CAPS & IEB
Oefening & Naslaanbronne
🔍
Woordsoekmaker
Kies 'n tema en graad — die sagteware skep unieke Afrikaanse woordlyste en bou die rooster outomaties, gereed om af te druk of digitaal te gebruik.
Gr 4–12
🎧
Luisterbegrip IEB
Kies 'n tema en graad — die sagteware skryf 'n oorspronklike luisterteks, volledige vraestel én memo, met drie afsonderlike drukuitvoere.
Gr 4–12
🎧
IGCSE Luister
Genereer 'n volledige Cambridge IGCSE Luisterbegrip-eksamenstel — transkrip, vraestel met beelde, en memorandum, al 40 vrae klaar.
Cambridge 0548/02
📖
FAL Woordelys
Meer as 1 500 geselekteerde FAL-woordeskat-inskrywings, alfabeties gerangskik — soek 'n woord of druk die volledige lys as PDF.
Afr–Eng
📝
Taaloefeninge
Genereer studienotas en oefeninge vir enige IEB Taal-afdeling — gebaseer op goedgekeurde IEB-reëls, niks word uitgedink nie.
IEB

Drie Eenvoudige Stappe

Van ou vraestel tot nuwe assessering in minder as 'n minuut.

1
Laai Op
Kies 'n afdeling uit enige ou vraestel en laai die Word-dokument of PDF op.
2
Genereer
Die program ontleed die struktuur en skep 'n nuwe afdeling op presies dieselfde vlak — met memorandum.
3
Laai Af
Laai die professioneel-geformateerde Word-dokument af — met memorandum, reg om te druk.

Wat Onderwysers Sê

"

Ek wil regtig vanoggend my hart deel, want ek is nie net 'n Afrikaansonderwyser nie. Ek is 'n vrou en 'n mamma wat in die laaste jaar drie keer na enigiets anders as die onderwys gesoek het, en dit op 33 jaar oud — net om te besef dat my passie vir kinders te groot is en die onderwys ons net té nodig het.

Ek het die laaste ruk soos 'n stresbol rondgeloop en gewonder hoe ek twee rekordeksamenvraestelle en kwartaaltoetse gaan opstel binne 'n kwessie van 2 weke, skoolhou, en nog tyd vind in my persoonlike lewe. Ek het besluit om Henk se sagteware te probeer vir my eie sanity — en in TWEE dae het ek beide my voorbereidingseksamens én my kwartaaltoetse opgestel, met nog oefeninge vir my leerders ter voorbereiding ook klaar.

Ek sien letterlik weer kans om in die onderwys te bly en op te staan in die oggend sonder die konstante stres van vraestelle opstel. Wat koop jy deesdae vir R99 per maand? Niks. Wat jy wel kan koop, is jou vryheid, tyd en geduld vir jou eie kinders en kwaliteit tyd saam met jou gesin.

As jy 'n onnie is wat nie weet waar om te vat en te los nie, en self al oorweeg het om die onderwys te verlaat — maak vandag nog kontak. Henk werk ongelooflik hard en help jou met enigiets!

MELINDI WILLIAMS · AFRIKAANS ONDERWYSER

"Henk, ek is nou 'n week besig om jou program te leer ken en te gebruik. Ek kan nie vir jou sê hoe dankbaar ek is vir hierdie konsep nie. Jy maak ons lewens soveel makliker en gee ons kosbare gesinstyd. Ek beveel dit sterk aan vir alle Afrikaanse onderwysers. Dankie, dankie, dankie!! 😇"

YVETTE STEYN

"Ek het gister 'n luistertoets met die toep geskep. Dit het langer geneem om die inligting in te vul as om die toets te kry 🥳😂. Wat het ek gemaak voor ek die program begin gebruik het? 🥹 Henk vir president! Terwyl almal nou reeds geregistreer is! 🥳😂"

TRYNA PRETORIUS

Kies Jou Pakket

Individueel of vir jou departement — kanselleer enige tyd.

INDIVIDUEEL
R99
per maand · 1 onderwyser
  • ✓ 1 persoonlike toegangskode
  • ✓ 60 genererings per maand
  • ✓ Alle 45 modules ingesluit
  • ✓ 1 gratis volledige IEB Vraestel 1 per maand
  • ✓ Memorandum by elke afdeling
  • ✓ CAPS & IEB Graad 4–12
Veilige betaling via PayFast · Kanselleer enige tyd
TWEE MAANDE GRATIS!
JAARLIKS
R990
per jaar · 1 onderwyser
  • ✓ 1 persoonlike toegangskode
  • ✓ 60 genererings per maand
  • ✓ Alle 45 modules ingesluit
  • ✓ 1 gratis volledige IEB Vraestel 1 per maand
  • ✓ Memorandum by elke afdeling
  • ✓ CAPS & IEB Graad 4–12
Eenmalige betaling via PayFast · 12 maande toegang
2 ONDERWYSERS
R149
per maand · 2 onderwysers
  • ✓ 2 persoonlike toegangskodes
  • ✓ 60 genererings elk per maand
  • ✓ Alle 45 modules ingesluit
  • ✓ 1 gratis volledige IEB Vraestel 1 per maand
  • ✓ Memorandum by elke afdeling
  • ✓ CAPS & IEB Graad 4–12
Veilige betaling via PayFast · Kanselleer enige tyd
TWEE MAANDE GRATIS!
JAARLIKS
R1690
per jaar · 2 onderwysers
  • ✓ 2 persoonlike toegangskodes
  • ✓ 60 genererings elk per maand
  • ✓ Alle 45 modules ingesluit
  • ✓ 1 gratis volledige IEB Vraestel 1 per maand
  • ✓ Memorandum by elke afdeling
  • ✓ CAPS & IEB Graad 4–12
Eenmalige betaling via PayFast · 12 maande toegang
4 ONDERWYSERS
R249
per maand · 4 onderwysers
  • ✓ 4 persoonlike toegangskodes
  • ✓ 60 genererings elk per maand
  • ✓ Alle 45 modules ingesluit
  • ✓ 1 gratis volledige IEB Vraestel 1 per maand
  • ✓ Memorandum by elke afdeling
  • ✓ CAPS & IEB Graad 4–12
Veilige betaling via PayFast · Kanselleer enige tyd

Afrikaans Made Simple Werkboeke

Gedrukte werkboeke en hulpbronne vir elke graad — bestel vir jou hele klas of departement. Kontak ons vir pryse en beskikbaarheid.

Afrikaans Made Simple Graad 4 werkboek-omslag
CAPS
Graad 4
Afrikaans Made Simple Graad 5 werkboek-omslag
CAPS
Graad 5
Afrikaans Made Simple Graad 6 werkboek-omslag
CAPS
Graad 6
Afrikaans Made Simple Graad 7 werkboek-omslag
CAPS
Graad 7
Afrikaans Made Simple Graad 8 werkboek-omslag
IEB Silabus
Graad 8
Afrikaans Made Simple Graad 9 werkboek-omslag
IEB Silabus
Graad 9
Afrikaans Made Simple Graad 10 werkboek-omslag
IEB Silabus
Graad 10
Afrikaans Made Simple Senior Phase werkboek-omslag
Gr 7–9
Senior Phase Werkboek
Afrikaans Made Simple Cheat Sheets — Primêre Skool omslag
Gr 4–7
Cheat Sheets — Primêre Skool
Afrikaans Made Simple Cheat Sheets — Hoërskool omslag
Gr 8–12
Cheat Sheets — Hoërskool

Laai Ekstra Oefeninge Af

Bykomende gratis oefeninge per graad, reg vir aflaai. Nuwe hulpbronne word gereeld bygevoeg — kom kyk gerus weer.

Afrikaans Made Simple
Afrikaans Made Simple
HENK FAWELL · GEVESTIGDE IEB AFRIKAANS EAT HULPBRON

Die Afrikaans Made Simple-reeks word tans gebruik deur onderwysers regoor Suid-Afrika. Hierdie assesseringsgenerator is gebou deur die outeurs van die reeks — onderwysers wat verstaan wat jy elke dag nodig het in die klaskamer.

Gereelde Vrae

Ja. Die program is opgelei op CAPS- en IEB-riglyne en gebruik die struktuur van jou ou vraestel as voorbeeld. Proeflees altyd die uitvoer deeglik voordat jy dit gebruik.
Graad 4 tot Graad 12 — vir beide CAPS en IEB Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Jy kan 'n Word-dokument (.docx) of PDF oplaai. Die uitvoer is altyd 'n Microsoft Word (.docx) dokument wat jy direk in Word kan oopmaak, redigeer en jou skool se briefhoof kan byvoeg.
Ja. Die program skep elke keer nuwe tekste en vrae. Geen twee gegenereerde assesserings is dieselfde nie.
Maak jou keuses (tema, prente, gedigte) en klik een keer — al tien vrae word saam geskep en in een professionele Word-dokument met voorblad en memorandum saamgevoeg. Elke onderwyser kry elke maand een volledige vraestel gratis as deel van die intekening; ekstra vraestelle kos die bekendstellingsprys van R49 per vraestel + memo via PayFast en gekoopte krediete verval nooit. 'n Krediet word eers gebruik wanneer die hele vraestel suksesvol geskep is, en enkele vrae kan daarna gratis oorgedoen word.
Ja, enige tyd. Geen langetermynverbintenis nie.

Gereed om Ure te Spaar?

Sluit aan by Afrikaans EAT-onderwysers wat reeds ure per kwartaal bespaar.