Vraestelafdelings, eie tekste, voorgeskrewe romans en films, poësie-studienotas, handgeskrewe opstel- en transaksionele nasien, en oefeninge — alles in een plek.
Van ou vraestel tot nuwe assessering in minder as 'n minuut.
Ek wil regtig vanoggend my hart deel, want ek is nie net 'n Afrikaansonderwyser nie. Ek is 'n vrou en 'n mamma wat in die laaste jaar drie keer na enigiets anders as die onderwys gesoek het, en dit op 33 jaar oud — net om te besef dat my passie vir kinders te groot is en die onderwys ons net té nodig het.
Ek het die laaste ruk soos 'n stresbol rondgeloop en gewonder hoe ek twee rekordeksamenvraestelle en kwartaaltoetse gaan opstel binne 'n kwessie van 2 weke, skoolhou, en nog tyd vind in my persoonlike lewe. Ek het besluit om Henk se sagteware te probeer vir my eie sanity — en in TWEE dae het ek beide my voorbereidingseksamens én my kwartaaltoetse opgestel, met nog oefeninge vir my leerders ter voorbereiding ook klaar.
Ek sien letterlik weer kans om in die onderwys te bly en op te staan in die oggend sonder die konstante stres van vraestelle opstel. Wat koop jy deesdae vir R99 per maand? Niks. Wat jy wel kan koop, is jou vryheid, tyd en geduld vir jou eie kinders en kwaliteit tyd saam met jou gesin.
As jy 'n onnie is wat nie weet waar om te vat en te los nie, en self al oorweeg het om die onderwys te verlaat — maak vandag nog kontak. Henk werk ongelooflik hard en help jou met enigiets!
"Henk, ek is nou 'n week besig om jou program te leer ken en te gebruik. Ek kan nie vir jou sê hoe dankbaar ek is vir hierdie konsep nie. Jy maak ons lewens soveel makliker en gee ons kosbare gesinstyd. Ek beveel dit sterk aan vir alle Afrikaanse onderwysers. Dankie, dankie, dankie!! 😇"
"Ek het gister 'n luistertoets met die toep geskep. Dit het langer geneem om die inligting in te vul as om die toets te kry 🥳😂. Wat het ek gemaak voor ek die program begin gebruik het? 🥹 Henk vir president! Terwyl almal nou reeds geregistreer is! 🥳😂"
Individueel of vir jou departement — kanselleer enige tyd.
Sluit aan by Afrikaans EAT-onderwysers wat reeds ure per kwartaal bespaar.